Projekte 
                                                

 Onder die talle suksesvolle projekte wat voltooi is en onderhou  word, is: 
 
• Die opgradering van die Riebeek-Kasteel-besproeiingsraad se  pyplyn en pompstelsel: Hier is die vloeie teen ‘n fraksie van die    koste met 60% verhoog. Dit het egter baie ingenieursvernuf gekos  en waartoe Bergrivier Bespeoiing se ingenieurs in staat was. Battery-aangedrewe elektroniese watermeters is boonop by elke aftapunt en pomp geïnstalleer, wat elke aand om 24:00 'n lesing neem en dit elektronies stoor. Dié data word dan elektronies afgelaai op ’n rekenaar en sodoende kan die vloeie deurlopend gemonitor word. Hierdie Elektroniese data word in alle vorms verwerk en verskaf waardevolle bestuursinligting.


• Riebeek-Wes-besproeiingsraad se waterskema: Hier is 'n totale waterskema ontwerp en Bergrivier Besproeiing het die hele projek – met ’n pyplyn van 12,5 km – ontwerp en toegesien dat die skema gebou word. Die pomphuise is ook deur Bergrivier Besproeiing se ingenieurs ontwerp. Omdat die pompstasie teen die rivier 14 m diep en laer as die riviervlak is, word die sand en slik deur 2 sentrifigale sandskeiers verwyder om die pompe teen slytasie te beskerm. 20.

• Simonsberg-Besproeiingsraad se waterskema in Simondium: Dit is ontwerp sodat dit slegs in die nag in werking is om elektrisiteit te bespaar. Die pompe begin om 19:00 werk en stop om 6:00. Die elektrisiteitskoste is tot 70% laer as normale koste. Die pyplyn sowel as die pomphuise is deur Bergrivier ontwerp.

• Ontwikkeling en opgradering van die besproeiingstelsels van Aussenkehr, Namibië: Hier is sowat 2 000 ha onder tafeldruiwe in die middel van die woestyn met dagtemprature wat meer as 50˚C beloop. Die druiwe word uit die Oranjerivier besproei. Die bestuur van die stelsel is hoogs tegnies Daar is ’n bykomende tafeldruifontwikkeling van 2000 ha met ’n hoofpypleiding van 15 km wat 230 m staties hoër as die Oranjerivier lê. Die grondontledings en -kartering daarvoor is deur Bergrivier Besproeiing gedoen. Hierdie ontwikkeling word beskou as van die gevorderdste in Afrika.

• Verskeie ontwikkelings vir wyndruifprodusente: Een hiervan is dié van 400 ha van Leeukuil Boerdery naby die Paarl. • Baie ontwerpe en materiaal word ook na Angola gestuur. Hier word gevorde tegnologie gebruik, soos akkurate satellietbeelde en -foto's, om die ontwerpe te doen. ’n Ontwikkeling waar gebruik gemaak word van ‘n staalpyp van 600 mm en 10 km lank in Sumbé, Angola, is een van die interessante ontwerpe. Bergrivier is besig om ’n besproeiingstelsel vir ’n piesangplantasie van 100 ha te ontwikkel.

• Verkoelingstelsels vir wynkelders: Verkoelingstelsels vir verskeie kelders, soos Slanghoek, Botha en Vrede en Lust, is deur Bergrivier ontwerp en geïnstalleer. Hier het dit gegaan oor die doeltreffende en optimale benutting van energie. Die vloeisnelheid in die pype en die uitruiling van hitte is baie belangrik. Met die ontwerpe vir verskeie kelders is die doeltreffendheid met tot 30% verhoog, wat 'n aansienlike besparing op energiekostes het. 22.


• Watersuiweringstelsels vir die koeldrankbedryf: Dit is geïnstalleer by Peninsula Beverages. Bergrivier Besproeiing doen ook die suiwering van rivierwater vir menslike en dierlike gebruik. Die water wat baie vuil is, word binne SABS-standaarde gefiltreer.


• ’n Boegoe-besproeiingskema in die Breëriviervallei: Dit is ‘n skema van 60 ha in die bergagtige vallei met uitdagende topografie. Hoewel die ontwerp ‘n groot uitdaging was, kon Bergrivier Besproeiing se ingenieurs dit baasraak en suksesvol deurvoer.

• ’n Perde- en buffelkamp met “pop-up”-besproeiingstelsels: Vir dié kampe, wat saam meer as 80 ha beslaan, word rekenaars ingespan vir akkurate besproeiingskedulering.

• Nuwe besproeiingstelsel vir 45 ha bessies by Swellendam: Hier word hoogs gespesialeerde stelsels gebruik en is drie drupperlyne per ry gebruik vir pulsbesproeiing.

• Stelsel vir die nektarienontwikkeling van die Dutoit-Groep in Riebeek-Kasteel: Hier word hoogs gespesialiseerde besproeiingsmetodes gebruik. Elke dag word drupbesproeiing by die bome toegepas en kunsmis terselfderyd deur die druppers toegedien. Vanweë die hoogs gespesialiseerde kunsmisprogramme word bome in staat gestel om reeds in hul tweede jaar te produseer. Hierdie stelsel word met 'n rekenaar beheer wat aan elke boom gelyktydig drie verskillende tipes kunsmis teen verskillende tempo's kan toedien.

 • Die hoodia-ontwikkeling van 80 ha by Griekwastad: Hierdie is 'n hoogs betaalde tipe gewas wat uiters akkurate besproeiingsmetodes verg. Hier is egter net 220 volt beskikbaar en Bergrivier het omsetters laat bou wat 220 volt na 380 volt omskakel om 380 volt se pompe te kan trek. Die grootte van die motors is 11 kW.


Wanneer iemand beplande besluite moet neem oor daardie belangerike bron van water in sy besigheid, is Bergrivier Besproeiing van die Paarl die maatskappy om te nader!